A tot Z Inligtings Pamflette
Deur Gerrit Badenhorst
Nuwe oplossings vir nuwe uitdagings
Die wêreldbevolking neem aanhoudend toe en mense se dieëte en kaloriebehoeftes verander. Gevolglik word die druk op landbou al hoe groter omgenoeg voedsel en brandstof te produseer op die beperkte area tot ons beskikking. Dit vereis aansienlike intensifisering van landbou.
Itensifisering van landbou het ten doel om meer te produseer op bestaande grond, sien www.growmorefromless.com. Voorts moet daar ook maniere gevind word om marginale grond meer produktief te maak. Tegnologie en tegnologie-oordrag is krities hiervoor. Ons kan nie huidiglik meer bekostig om sub-optimaal te boer nie.
Syngenta is besig met ’n reeks van inligtingspamflette wat fokus op tegnologie-oordrag van Syngenta na die produsent. Die reeks, wat deel uitmaak van die A tot ZTM (saailing tot silo) "roadshow", bestaan uit 6 uitgawes wat as invoegsl saam met die Graan SA tydskrif uitgegee word. Dit fokus op die verbouing van mielies. Die eerste uitgawe het reeds in Augustus 2011 verskyn en die laaste uitgawe sal in Januarie 2012 beskikbaar wees.
Elke uitgawe bestaan uit 12 bladsye wat die nuutste inligting bevat oor ‘n groot verskeidenheid onderwerpe soos bv:
- Basiese beginsels vir ’n goeie opbrengsbestuursprogram
- Saailingsorg
- Wat is die korrekte manier vir goeie saadbehandeling
- Saadopberging
- Aalwurms in mielies
- Verstaan die fisiologie van die mielieplant
- Die voorkomende aard van opbrengsbestuur
- Die nawerking van residuele gras onkruiddoders
- Die voordele van ’n voorkomende swamdoder program in mielies
Die reeks beloof om van groot waarde vir die prodsent te wees.
Maak seker dat jy nie van die uitgawes mis nie, indien jy wel ’n uitgawe gemis het en dit wil bekom skakel gerus vir Tanya Lagerwey by 011 541 4000.
Die volledige reeks sal eers beskikbaar sal wees teen einde Januarie 2012.