AMISTAR® Tegnologie vir die beheer van Sclerotinia stamvrot en Swartstam in Canola

Product News
Canola Western Cape

As kontantgewas en ‘n belangrikke rolspeler in wisselboustelsels, het Canola baie potensiaal. Daar is ‘n groot aanvraag na olie en ander byprodukte soos oliekoek. Dit is ook welbekend dat daar baie byvoordele spruit uit die aanplant van hierdie gewas in ‘n langtermyn wisselboustelsel. Dit lei tot ‘n verhoging in graanopbrengs as gevolg van onder andere beter wortelontwikkeling en kan lei tot ‘n verlaging in siekte druk vir die opvolggewasse. Waar produsente sukkel met moeilik beheerbare of weerstandbiedende onkruide, veral grasse, bied canola ook opsies om onkruiddoders met alternatiewe meganismes van werking te gebruik.

Canola is ongelukkig nie kwytgeskeld van siektes wat `n wesenlike impak op opbrengs kan hê nie.  Twee ekonomies belangrike patogene in canola is Leptosphaeria maculans (anamorp of ongeslagtelike fase is Phoma lingam) wat swartstam/stamkanker veroosaak en Sclerotinia sclerotiorum wat Sclerotinia stamvrot veroorsaak.  Beide kan op die korttermyn tot ernstige opbrengsverliese lei, terwyl Sclerotinia vir jare daarna nog `n probleem op vatbare gewasse kan wees. 

Sclerotinia stamvrot het oor die afgelope jare ‘n toenemend belangrike, siekte in die canola produserende areas geword.  Die primere inokulum vir die siekte kan afkomstig wees vanaf sclerotia wat in die grond oorleef het, hetsy van geinfekteerde plantreste in of naby die land sowel as vanaf alternatiewe onkruid gashere.  Die siekte beskadig vaatweefsel in die stam, water en voedingstowwe kan dus nie effektief vervoer word nie en die plant sal vrek. Die patogeen floreer waar die klimaatstoestande in sy guns tel. Temperature rondom 15°C gepaardgaande met langdurige vogtige (hoë humiditeit) omstandighede in die weke net voor canola begin blom, sal tot hoë druk lei. Infeksie vind hoofsaaklik snags plaas as temperature effens laer is en wanneer die mikroklimaat binne die blaredak van die canola land ideaal is. 

sclerotinia in canola

Swartstam/Stamvrot, Leptosphaeria maculans, oorleef primêr op plantreste van die vorige seisoen. Die patogeen is ook saadgedraag. Ons moet dus waak teen swak kwaliteit, onbehandelde of teruggehoude saad wat ‘n inokulum bron kan wees. Die ideale omstandighede vir die patogeen om te ontwikkel is koel, vogtige weer in die herfs.  Jong saailinge word gewoonlik vroeg in die seisoen geinfekteer vanaf besmette plantreste.  Die swam bly latent in die plant tot later in die seisoen, wanneer dit weer aktief begin ontwikkel. Dit sal dan lei tot stam/ kroonkanker wat op sy beurt tot die omval of afsterf van die plant lei.

‘n Geintegreerde benadering is die sleutel tot die suksesvolle beheer en onderdrukking van hierdie siektes. In die eerste plek moet ons die gewastoestande so ver moontlik bestuur deur te kyk na gewas rotasie stelsels en die plant van weerstandbiedende kultivars. Die mikroklimaat binne die land sal ook ‘n belangrike rol speel in Sclerotinia infeksies, en hier kan die blaardakdigtheid bestuur word deur die kultivar keuse, bemesting en plantestand te bestuur. 

Ons kan nie altyd al die omgewingsfaktore beheer nie en daarom bly chemiese beheer die kern tot die beheer van hiedie siektes. Om effektiewe resultate te lewer moet ons ‘n geregistreerde middel op die regte tyd toedien.

AMISTAR® van SYNGENTA is geregistreer op canola vir die beheer van onder andere Swartstam en Sclerotinia. AMISTAR® bied uitstekende lang nawerking en is `n hoogs sistemiese strobilurien swamdoder. AMISTAR® is `n waardevolle stuk gereedskap in die hand van die canola produsent om, in kombinasie met landboukundige praktyke beide siektes te help beheer.  Tydsberekening van toediening is van kritiese belang en AMISTAR® moet altyd voorkomend gebruik word.  In geteikende siektebeheer programme (enkel bespuiting) word `n bespuiting van AMISTAR® teen 500ml/ha nie later as die 2-4 blaar stadium aanbeveel vir die beheer van swartstam nie. 

Vir effektiewe Scelerotinia beheer word `n bespuiting van tussen 660-1000ml / ha (afhangend van die verwagte druk) aanbeveel by 10-25% blom.  Waar beide siektes beheer moet word, word dit aanbeveel om die eerste bespuiting by 2-4 blaar te vervang met SCORE® en dan op te volg by 10-25% blom met AMISTAR®.  Die afwisseling van aktiewebestanddele ondersteun dan ook `n deeglike anti- weerstands bestuur strategie.

LEES DIE PRODUK ETIKET VIR VOLLEDIGE INLIGTING.

AMISTAR®  bevat asoksistrobien (Reg. no. L6230, Act 36 of 1947) VERSIGTIG.

SCORE® bevat difenkonasool (Reg. no. L5132, Act 36 of 1947) VERSIGTIG.

AMISTAR® & SCORE® is geregistreerde handelsmerke van `n Syngenta Groep maatskappy.  Syngenta South Africa (Pty) Limited, Private Bag X60, Halfway House, 1685. Tel. (011) 541 4000.