Droëboneprodusent van die Jaar - Bernard Meyer

News Snippets

Daar word elke twee jaar ‘n Droëboneprodusent van die Jaar-toekenning aan ‘n verdienstelike produsent toegestaan en is geborg deur Syngenta.
 
Vanjaar se wenner, Bernard en Merinda, boer op die plaas Tarzan in die Petrus Steyn-omgewing. Die boerdery bestaan uit ‘n saai- en ‘n veekomponent. Hulle droëboonproduksie bestaande slegs uit Rooi Gespikkelde bone en verteenwoordig sowat 25% van die totale saaikomponent.
 
Bernard lê baie klem op die finansiële aspek van sy boerdery en die meeste van sy besluite berus op eie langtermynsyfers en data. Tot op hede was hierdie benadering nog net tot voordeel van sy boerdery.
 
 
(Hierdie brokkie is deur die guns van Clive Trent, Droëbone Produsente Organisasie)